Rietpoort


Ons boer op die plaas Rietpoort, 50 km wes van Loxton en 60km oos van Fraserburg. My oupa het die plaas in 1928 gekoop en ons is nou die 3de geslag hier. 'n Groot voorreg om hierdie stukkie aarde te bewerk en te bewaar.

Rietpoort se plantegroei bestaan uit gemengde gras- en bossieveld. Rante, leegtes en berge gee verskillende veldtipes, en juis dit verg 'n skaap wat al hierdie veldtipes effektief in geld kan omsit. Meatmasters is so aangepas dat hulle lang, sterk bene het om maklik rante en berge te kan bewei. Hulle is ook nie-selektiewe vreters, dus word alle plantegroei benut.

Volhoubare produksie is baie belangrik, en juis daarom is die Meatmaster so geskik omdat spesifieke plantspesies nie oorbewei word a.g.v. selektiewe beweiding soos deur sommige ander skaaprasse nie.

Boer maklik en lekker met 'n skaap wat oral aanpas !

Meatmasters pas ook baie goed aan op lande en in voerkrale, met uitstekende graderings en uitslagpersentasies.